Icon of a Sun

Voldag

Ons bied ‘n voldagprogram aan vir 3 maande tot Graad R. Skoolure: 07:00 – 17:30

Icon of a hald Moon

Halfdag

Ons bied ‘n halfdagprogram aan vir 3 maande tot Graad R. Skoolure: 07:00 – 14:00

66
Jaar Oud

Sedert 1960

Meer oor ons

Welkom By Die Wykie Bytjies

Vir meer as 60 jaar bied die Wykie Bytjies gehalte onderwys en versorging. Ervare, goed gekwalifiseerde en toegewyde personeel sien met liefde om na die kleuters in 'n kindervriendelike omgewing met groot boomryke, moderne speelareas en goeie sekuriteit. Ons streef daarna om elke kleuter met liefde te ondersteun en te lei in die proses tot skoolgereedmaking. Die vormingsjare by die Wykie Bytjies is 'n onvergeetlike ervaring.

Leer meer
Ons klasse

Ons speel saam om saam te groei

Die Wykie Bytjies kan ongeveer 120 kleuters akkommodeer. Ons klassies is klein en nie oorvol nie, sodat ons optimale ontwikkeling kan verseker in elke ouderdomsgroep. Ons graad R-leerders volg die KABV-kurrikulum en die jonger span volg die Nasionale Kurrikulumraamwerk wat gebaseer is op die 6 ELDAS (unieke kinderontwikkeling areas).

Hasieklas

Ons verstaan dat elke baba 'n kosbare gawe is - ons babas verdien die uiterste sorg, omgee, stimulasie en geleenthede vir ontwikkeling.

Sien meer
3-12 Maande

Perdjieklas

In die Perdjieklas skep ons 'n huislike en liefdevolle omgewing waar elke kleuter die geleentheid kry om optimaal te ontwikkel.

Sien meer
12-24 Maande

Vissieklas

In die Vissieklas leer ons om bietjie meer onafhanklik te word. Ons leer ook hoe om dinge vir onsself te probeer doen.

Sien meer
2-3 Jaar

Pandaklas

In die Pandaklas is almal uniek. Dit is 'n liefdevolle, veilige omgewing en die vryheid om te leer is wat hierdie klas bied.

Sien meer
3-4 Jaar

Eendjieklas

In die Eendjieklas speel ons tot ons harte rus. Ons leer om met vriende te sosialiseer, speelgoed te deel en self probleme op te los.

Sien meer
4-5 Jaar

Graad R

Hierdie is 'n belangrike jaar wanneer ons gereed maak vir Graad 1. Elke leerder se sterkpunte en behoeftes word erken en op ‘n individuele manier ontdek.

Sien meer
Gelukkige ouers

Moenie net ons woord daarvoor aanvaar nie

Photo of Audrey De Villiers

Audrey De Villiers

Wonderlike skooltjie met pragtige onderwysers! Sal hulle enige tyd aanbeveel!

Photo of Michiel Jansen

Michiel Jansen

Baie trots op ons hardwerkende dogter. Die skool lyk goed en bou steeds voort. Puik personeel. Hou die blink kant bo!

Photo of Isador Grobler

Isador Grobler

Fantastiese Christelike skool met wonderlike onderwysers en personeel. Alles is vriendelik en kinders leer goeie waardes.

Photo of Johan Kok

Johan Kok

Daar word goed na die skool omgesien en hulle is trots op wat gedoen word. Alles is goed georganiseer en personeel is professioneel. Dis een van die beste opsies in Nelspruit.

Trots deel van SAVF