Eendjieklas classroom
4-5 Jaar

Eendjieklas

Sien ons vereistes

In die Eendjieklas (Graad RR-klas) beleef ons 'n liefdevolle en veilige omgewing met die vryheid om te kan leer. Klim-en-klouter, op ons tone loop, op een been spring en balanseer is maar net 'n paar van die goed wat ons leer hoe om ons lyfies te beweeg. Hier leer kleuters om taakies op hul eie aan te pak. Ons is selfstandig tydens badkamerroetine, trots op ons werk en wat ons doen, en ons neem verantwoordelikheid vir ons aksies.

Sosiale en emosionele teikens van die 4-5 jarige kleuter:

  • Ons kan deel met ander.
  • Ons is gretig om ander te help.
  • Ons leer om reĆ«ls te volg.
  • Ons hou daarvan om saam met ander te speel en te sosialiseer.